Wednesday, February 9, 2011

Troue 29 Januarie 2011

Die troue van Sonja en Johnny van Niekerk was op 29 Januarie 2011. Ons het hierdie onvergeetlike dag op film vasgele. Sonja was 'n natuurlike bruid sonder enige fitterjasies. Sy het op haar mooiste gelyk en soos gewoonlik gesorg vir vele prettige oomblikke. In die begin was sy soos enige bruid effens senuwee agtig maar het gou in haar ou self ontpop. Sy was 'n ongelooflike mooi bruid op haar eie SONJA manier. Ek is mal daaroor om bruide in hul eie natuurlike manier op film vas te le. Hier is Sonja net voor die sermonie in die kerk:

Die been wys was deel van wat op Johnny wag later die aand. Sonja was hier op haar stukke, lekker opgewarm vir die amptelike foto sessie wat gevolg het. Hier is 'n foto van Sonja toe sy lag vir haar skoonsuster ook Sonja wat skarrel om alles agtermekaar te kry:


Soos julle kan sien sy lag baie maklik het glad nie gesukkel om 'n glimlag uit haar te kry nie. Dit was ongelooglik warm en almal het goed gesweet. Ek en Danie ingesluit. Die warmte het glad nie vir Sonja gepla nie sy was deurentyd koel en kalm. Het gedurig tyd gehad vir 'n grappie en was baie opgewek. Hier is sy vir die amptelike fotosessie voor haar ouers se huis:



Hier is Sonja oppad op haar lewe te begin saam met Johnny:


By die kerk het 'n groot verrassing vir Sonja gewag. Sy was onder die indruk haar broer Riaan gaan haar die kerk inneem want haar Pa Frik het 'n ongeluk gehad wat nie foto vriendelik op in die gesig is nie, en groot was haar verrassing toe niemand ander as haar pa haar kom haal nie. Hier kan julle sien hoe emosineel Sonja kan raak, gee nie om wie sien nie. Sy het geen styfheid in haar nie, net natuurlik en skroom nie om dit te wys nie. Almal om haar het trane in die oe gehaar oor haar natuurlike reaksie:



Net so vinnig soos die trane geloop het net so vinnig het die glimlag deur gebreek op pad na die kerk deur toe:



Die sermonie was soos alle huwelikbevestigings, hartseer met daardie diepe dankbaarheid dat elke mens geregtig is op ware geluk. Johnny kon sy oe nie glo toe sy bruid in die deur verskyn en soos 'n ware prinses lyk nie. Die klein mannetjie se bors het geswel van trots toe hy besef hierdie vrou word nou waarlik syne. Sy oe was ook vol trane toe die pastoor voor God hul in huwelikbevestig.



Na alle geregtiglike aspekte afgehandel is, het Sonja natuurlik aan haar aard weer vir vele pret gesorg, toe 'n roosblaartjie beland het waar dir ietwat ongemak veroorsaak het.



Ek het hier besef hier dag gaan nog baie pret oplewer en was glad nie teleur gestel nie. Sonja en Johnny het vir heel party verassings gesorg. Ek moes redelik bontstaan met die kamara om alles vas te le soos dit gebeur het. Gelukkig was Danie daar met die video kamara om dit wat ek gemis het vas te le. Johnny het ontpop in hierdie model wat sy eie styl bekend stel en Sonja, wel Sonja was Sonja so natuurlik soos moeder natuur. Hier is 'n paar foto's van die twee se manawalsse.













Ja-nee 'n dag om nie maklik te vergeet nie. Hier is die colage wat ek vir Pa Frik gebou het net om dankie te se vir al die ondersteuning deur die jare:


En aan Sonja en Johnny vir 'n onvergeetlike dag:



Tot volgende keer leke dag............

No comments:

Post a Comment