Thursday, April 14, 2011

Spyt is 'n goeie ding maar................

No Charge


Ek sit vandag en my gedagtes dwaal terug na 7 maande gelede.
Die telefoon lui:
“More my skat, ek wou net hoor of dit goed gaan met jou?”
“Ja dankie, maar mammie moet my verskoon ek is baie besig”
“Jammer ek wil …..Reg so my kind, ek verstaan, ons praat Dan weer later, wil net gou-gou byvoeg, ek is lief vir jou en verlang na jou”

“Ja dankie, ek ook”, hoor ek myself sê net om so gou moontlik van haar ontslae te raak.
Die assistente in kantoor lig ‘n wenkbrou en kyk na my: “Is alles reg met jou moeder?”
“Ja wat, sy is maar net verveeld, soos elke ander keer, dit is waarom sy skakel. En met ‘n haastige “ Ek gaan gou uit om vir my iets te ete te koop!” was sy vergete.
Moeder het nooit weer geskakel nie!
Met pyn en verlange in my hart, hunker ek om net een keer weer haar stem hoor wat my tot 7 maande gelede so geirriteer het, of om net een keer weer ‘n drukkie wat ek so afstootlik gevind het, van haar te kry.
Trane rol oor my wange as ek kyk na die Checkers strokie waarvan die ink al plek, plek verdwyn het, met R17.00 daarop geplaas. Ek onthou, ek moes vir haar brood en melk bring van die dorp en was uiters verontwaardig dat ek my kosbare tyd moes inspan vir haar.
Kon sy dit Dan nie self doen nie, besef sy Dan nie ek het my eie lewe nie? Nee wat haar vermetelheid staan my nie aan nie, het ek onvergenoegd gedink.
Ek het haar geskakel met die bedrag en nors versoek dat sy buite in die straat moes wag. Ek het slegs die pakkie deur die motorvenster voor die deur in haar hand gestop en die R17.00 wat sy na my uitgehou het, by die venster laat uitval in my Haas om weg te kom voor sy my dalk iets wou aanbied om te eet of te drink.
In die tru-spieëltjie het dit my opgeval hoe pateties sy gelyk het toe sy die geld in die pad opgetel het en my agterna gestaar het. Ek het my sommer opnuut weer vir haar vererg.
Nee wat regtig my ma is darem baie selfsugtig om te verwag ek moet my vrye tyd so vir haar opoffer. Sy moet besef ek werk ses dae van die week en ek is ook moeg.
Terwyl ek nou terugdink,…….. Ek moet erken, sy het nogal daardie dag baie bleek gelyk.
Toe haar buurvrou my skakel en vra ek moet dadelik na Mammie se huis kom, want sy voel nie lekker nie, moes sy eers die simptome aan my verduidelik en ek sou besluit of dit ernstig genoeg klink.
Nee regtig, was ek Dan nie net 8 maande of is dit nou 9 maande gelede daar nie! Dink sy ek het niks beter om te doen met my tyd nie? Hulle kan wag tot die naweek en as ek lus voel sal ek daar om ry.
Maar helaas, die naweek was te laat. Die 10 minute se ry na Mammie se huis het vir my soos ‘n leeftyd gevoel.
Op haar kombuis kas langs die Checkers strokie met die R17.00, was ‘n bruin koevert aan my gerig. Ek het dit oopgemaak en die volgende gelees:
My liefste kind,
Hiermee ‘n faktuur vir jou:
1.Vir tye wat ek dit kon regkry om jou om te koop met petrol geld, sodat ek jou kan sien vir miskien 15 minute – NO CHARGE
2. Vir tye wat ek verneder was voor ander personeel by my werk, wanneer ek foute begaan as gevolg van moegheid, omrede ek wakker gebly het deur die nag wanneer jy siek was – NO CHARGE
3. Vir nagte wat ek wakker gelê met jou op my bors, omrede dit al was waar jy wou slaap as jy siek was– NO CHARGE
3. Vir tye wat ek deur die nag aan jou skoolprojek gewerk het dat jy goeie punte kon behaal – NO CHARGE
4. Vir 18 jaar plus wat ek jou moes rondry na skool aktiwiteite of net om jou giere te bevredig, terwyl ek soms siek was– NO CHARGE
5. Vir al die kere wat ek my kos geldjie vir die werk gebruik het om jou gelukkig te maak met ‘n geskenkie – NO CHARGE
6. Vir tye wat ek in my kamer gehuil het as ek na jou snikke moes luister na jou pakslae en ek mag jou nie getroos het nie – NO CHARGE
7. Vir tye wat jy my beskuldig het dat ek die oorsaak van rusie in ons huis was, terwyl ek slegs tussenbeide getree het om jou te beskerm as jy stout was– NO CHARGE
8. Die kere wat ek saam met jou gehuil het as jou hartjie gebreek was – NO CHARGE
9. Al die jare wat ek jou hare uitgeborsel het en jou net die beste gegee het en net die mooiste aangetrek het – NO CHARGE
10. Al die nagte wat ek op jou Klein bedjie by jou geslaap het, koud gekry het en vir jou deur die nag gesing het as jy bang was – NO CHARGE
11. Al die jare wat ek jou buie moes verduur het as iemand in die huis jou ongelukkig gemaak het - NO CHARGE
11. En wanneer jy terugdink aan nog ander insidente wanneer jy jou eie kindjie het – NO CHARGE
Jammer ek het nie genoeg papier om verder te skrywe, …….dus…………die finale bedrag:
Die voorreg om jou in my lewe te kon hê, dit was my betaling!

Al my liefde,
Mamma xxxxxxx

NB. My ontelbare, onmeetbare liefde vir jou wat jy nie meer van my wil hê nie - NO CHARGE!
Is jy vandag die kind in hierdie skrywe? Maak reg terwyl jy kan. Berou anderkant die graf het geen betekenis nie.

Tuesday, March 1, 2011

Louis Hendrik Jordaan


LOUIS HENDRIK JORDAAN 08/12/1933 - 19/05/1999

Pa Louis, die groot man van die Jordaan Familie. Die een wat alles bymekaar gehou het en alle krisisse afgeweer het met 'n glimlag en baie sterk wil.

Louis Hendrik Jordaan is gebore op die plaas Rooiwal in die distrik Heidelberg op 08 Desember 1933. Hy was die tweede seun van Heila en Daan Jordaan. Hy het begin skool gaan in Heidelberg maar hulle het ongelukkig die plaas verloor en sy ouers het Sundra toe getrek waar hy sy skool loopbaan voltooi het. Hier het hy ook sy vrou Anna Marias ontmoet en hulle is getroud op 03 Maart 1956. Uit die huwelik is 'n seun en 'n dogter gebore Elsie 1958 en Danie 1965.





Pa Louis het sy werkers loopbaan in die Poskantoor begin as 'n kabel gat grawer. Hy was 16 jaar oud toe hy sy loopbaan begin het.



In die Poskantoor wat later Telkom geword het, Het Pa Louis hom opgewerk tot die rank van Luglyn Konstruksie bestuurder. Daar het vele jongmanne onder sy hande deurgeloop vir opleiding in die Telkom bedryf soos die insit van skakelborde opstel van kommunikasie lyne ens. Van die manne is vandag direkteure in Telkom.

As familie man was hy 'n reus. As Pa het hy sy kinders baie goed opgevoed. Hulle is vandag altwee baie suksesvolle lede van die samelewing.

As eggenoot het Pa Louis baie goed vir die huishouding gesorg. Op die rype ouderdom van 47 jaar het hy huis gekoop en dit afbetaal voor hy met vervroegde pensioen gegaan het in 1995. Die laaste jare by telkom was hy verantwoordelik vir die tuine en onderhoud van die perseel by Schapensrust in Brakpan. Onder sy bekwame hande het die perseel se tuin in 'n lushof ontwikkel en daar is vandag nog van sy handewerk te sien.

Pa Louis was ook 'n groot visserman. In 1966 het hy twee groot karpe gevang wat daardie tyd in die Springs Atvertiser verskyn het. Netjiese man wat hy was is hy in 'n pak klere afgeneem waar hy die visse vashou.

Hy het baie groot visse in sy lewe gevang waarvan die karp by Greylingstad seker die grootste was. 26 kg.


Pa Louis het die voorreg gehad op sy drie kleunseuns by sy dogter te ken, maar ongelukkig nie nie sy kleinseun en dogter by sy seun nie. Hulle was gebore 'n paar jaar na sy afsterwe.

Met sy afsterwe in 1999 het die Jordaan familie 'n baie sterk anker verloor. Pa Louis ons salueer jou en rus in vrede.

Die Jordaan Familie

Monday, February 21, 2011

Fredelene Jansen

Hi Guys


DJ Videos can also do video production. Here is a video that we have made for our dear friends William and Fredelene Jansen.

Fredelene was a dear and lovely person that passed away on a very young age. She was the ligth of many peoples lives and was surley the sunshine of mine. In her short life she inlite so many lives that her memories will last a life time for us.

It is only a year that she past away but it feels like a lifetime for her closest friends and family. She was a soldier but the mom of the troops without letting them walk over her. She was everybodies friend but they knew the line of dicipline that was not to be crossed.

To her family she was the one that always looked deeper in the problem then just the show that was shown to the world. Her cousins can coment for this.

Major Fredelene Jansen, we as your fellow soldiers salute you, and will always remember your smile and laughter in the offices and on the parade ground. May your soul bring joy and lots of laughter in heaven, we surely miss you here on earth.

To Lt Col Jansen you of most people lost the most. Please remember that only God can carry you throw this and He will. Tears of the heart cleans the soul and someday you will smile again. We us soldiers will always be there for you in pain and laugther.


From all her friends and family.

Wednesday, February 16, 2011

Cornel se 21ste 13 Oktober 2007

Cornel Viljoen se 21 ste verjaarsdag.

Cornel se ma Marina is 'n enkel ouer en het vir Cornel haar 21ste verjaarsdag met 'n Slag laat gebeur. Cornel het haar pa baie tragies in 'n kar ongeluk verloor en Ma Marina moes drie kinders versorg na die tragiese ongeluk.

Soos baie ouers is jou kind se 21ste 'n baie groot gebeurtenis en Marnina was geen uitsondering nie.

Sy het vir haar enigste dogter 'n verjaarsdag gegee soos net 'n moeder kan. Hier is Cornel op haar 21ste:


 Cornel het alles gehad wat enige 21ste kan begeer. Sy is baie geseend deur Liewe Jesus dat sy nog haar oumas op haar 21ste kon he. Hier is 'n foto van haar ouma en oumagrootjie. Vyf geslagte Geskiedenis voorwaar!!!!!


Hier is fotos van haar saal en die kos:

Die gaste lys:

Cornel saam met haar vriende


Laaste maar nie die minste nie Cornel saam met haar Moeder Marina:



Tot volgende keer Tata!!!

50 Jaar Herdenking

Hi julle

Was bietjie besig die week. Hoop julle week het baie goed afgeloop. Ek het so bietjie gekrap op my hardeskywe en op heelwat foto's afgekom om DJ Videos te bemark. Die eerste is 'n 50ste verjaarsdag. Die oom se vrou Tannie  Ria het hierdie verjaarsdag vir oom Ferdie gereel as 'n verrassing. Al sy broers en susters was daar.

Tannie Ria het alles baie geheimsinnig gedoen en die aan was voorwaar 'n groot sukses. Hier is  oom Ferdie op die foto wat sy Vir hom as verjaardag geskenk gegee het

 Op die foto word uitgebeeld vanaf sy kleintyd tot en met sy 50ste verjaarsdag.

Die volgende foto word sy broers en susters en ouers saam met hom uitgebeeld

Oom Ferdinand is is oppad na sy 60ste verjaarsdag en ek hoop ons is weer daar om saam met hom dit te deel en weereens op film vas te le.

Thursday, February 10, 2011

D.J. Video Productions: Troue 29 Januarie 2011

D.J. Video Productions: Troue 29 Januarie 2011: "Die troue van Sonja en Johnny van Niekerk was op 29 Januarie 2011. Ons het hierdie onvergeetlike dag op film vasgele. Sonja was 'n natuurlik..."