Tuesday, March 1, 2011

Louis Hendrik Jordaan


LOUIS HENDRIK JORDAAN 08/12/1933 - 19/05/1999

Pa Louis, die groot man van die Jordaan Familie. Die een wat alles bymekaar gehou het en alle krisisse afgeweer het met 'n glimlag en baie sterk wil.

Louis Hendrik Jordaan is gebore op die plaas Rooiwal in die distrik Heidelberg op 08 Desember 1933. Hy was die tweede seun van Heila en Daan Jordaan. Hy het begin skool gaan in Heidelberg maar hulle het ongelukkig die plaas verloor en sy ouers het Sundra toe getrek waar hy sy skool loopbaan voltooi het. Hier het hy ook sy vrou Anna Marias ontmoet en hulle is getroud op 03 Maart 1956. Uit die huwelik is 'n seun en 'n dogter gebore Elsie 1958 en Danie 1965.





Pa Louis het sy werkers loopbaan in die Poskantoor begin as 'n kabel gat grawer. Hy was 16 jaar oud toe hy sy loopbaan begin het.



In die Poskantoor wat later Telkom geword het, Het Pa Louis hom opgewerk tot die rank van Luglyn Konstruksie bestuurder. Daar het vele jongmanne onder sy hande deurgeloop vir opleiding in die Telkom bedryf soos die insit van skakelborde opstel van kommunikasie lyne ens. Van die manne is vandag direkteure in Telkom.

As familie man was hy 'n reus. As Pa het hy sy kinders baie goed opgevoed. Hulle is vandag altwee baie suksesvolle lede van die samelewing.

As eggenoot het Pa Louis baie goed vir die huishouding gesorg. Op die rype ouderdom van 47 jaar het hy huis gekoop en dit afbetaal voor hy met vervroegde pensioen gegaan het in 1995. Die laaste jare by telkom was hy verantwoordelik vir die tuine en onderhoud van die perseel by Schapensrust in Brakpan. Onder sy bekwame hande het die perseel se tuin in 'n lushof ontwikkel en daar is vandag nog van sy handewerk te sien.

Pa Louis was ook 'n groot visserman. In 1966 het hy twee groot karpe gevang wat daardie tyd in die Springs Atvertiser verskyn het. Netjiese man wat hy was is hy in 'n pak klere afgeneem waar hy die visse vashou.

Hy het baie groot visse in sy lewe gevang waarvan die karp by Greylingstad seker die grootste was. 26 kg.


Pa Louis het die voorreg gehad op sy drie kleunseuns by sy dogter te ken, maar ongelukkig nie nie sy kleinseun en dogter by sy seun nie. Hulle was gebore 'n paar jaar na sy afsterwe.

Met sy afsterwe in 1999 het die Jordaan familie 'n baie sterk anker verloor. Pa Louis ons salueer jou en rus in vrede.

Die Jordaan Familie

No comments:

Post a Comment